Algemene
Klerksdorp geskiedenis noem dat in 1837 twaalf
voortrekkers hulle langs die Schoonspruit gevestig het
en die dorp vernoem het na Jacob de Clerq, die eertse
landros noord van die Vaalrivier. Rus en Vrede was
die dorpenaars nie beskore nie. In November 1885 het 'n
boer, M.G Jansen van Vuuren goudmonsters van die plaas Ysterspruit na Paul Kruger gestuur vir ontleding.
Dis hier waar al die pret begin het.
Oom Paul
verklaar deur proklamasie op 2 Julie 1888, Klerksdorp se
dorpgrond as delwerye en om die burgers te sus,
Klerksdorp kry dorp status op 12 September 1888. Die
goud stromloop tref ons dorp in die 1888 en die eerste
brug oor Schoonspruit word in Julie 1889 gebou omrede
daar reeds 200 bewoonde huise in die Nuwe dorp gevestig
was. Nou soos dit maar gaan, in 1889 bied n
kroegdeur nie juis weerstand nie en kort voor lank was
daar 69 kroeë in die dorp.
|